Petro | Boudoir met ‘n verskil

Posted by on 2013/04/26 in 50 Shades of Boudoir | 2 comments

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_008 (Large)

 

Al vandat ek Petro se portraitfoto’s vir Sarie Voorbladgesig van die Jaar kompetisie geneem het het ons al hierdie boudoir shoot beplan.  Ek het vir haar my ideale boudoirsessie verduidelik en sy was dadelik te vinde daarvoor.  Die groot uitdaging was net om ‘n private plek te kry waar ons gemaklik kon wees en die sessie kon geniet.  Die dag toe dit uiteindelik realiseer kon ons nie vir beter weer, lig en foto’s gevra het nie.

 Een van die voorwaardes vir boudoirfoto’s is dat die grimering professioneel gedoen moet wees – dis mos lekker as mens mooi komplimenterende foto’s van jouself kry in plaas van mooi maar valerige muis foto’s.  Petro het vroegmiddag by my opgedaag en ek het haar sommer dadelik voorberei dat ek vir Ilana van Cosmetiek grimering gevra het om haar grimering “anders” te doen.  Juis omdat ons buite foto’s neem moes dit donkerder as normaal wees en nie net “normaal” mooi nie.  Ek wou ANDERS hê – soos gewoonlik!  Ilana het met haar “magical” hande aan die werk gespring en ek moet erken ek was aanvanklik eers baie benoud toe sy met pienk oogskadu begin – alhoewel pienk my gunsteling kleur is, het ek dan vir smokey gevra en smokey is mos gryse of bruine? 🙂  Maar glo my as ek sê was uit-my-vel-uit verras oor wat die eindproduk was.  Waarvan ek nie geweet het nie is dat Petrovir haar gesê het pienk lyk baie mooi op haar en so het Ilana die beste van die pienk saak gemaak.

Nadat die meesterstuk voltooi is, het ek en Petro na ons destinasie vertrek en sommer ‘n goeie opvang gehad – sy kruip al dieper in my hart in hoe meer ek haar leer ken.  Omdat ek haar al afgeneem het het ek darem geweet wat om van haar verwag, maar moet met alle eerlikheid erken dat ek nie dit wat ek in die foto’s vasgevang het van haar verwag het nie –  ek wou natuurlike, maar nie erg modelgeoriënteerde foto’s van haar neem nie.  Ek was aangenaam verras oor hoe gemaklik sy met haarself is maar steeds daardie natuurlike skaamheid het oor dat sy steeds net vrou, mooi vrou, is.  Petro is ‘n mooi mens, nie net van buite nie, maar van binne ook.

Nadat ek hierdie foto’s ge-edit het, het ek ook besluit om nader aan die einde van die jaar ‘n tipe van ‘n workshop met so 5 of 6 ander fotograwe te hou waar hulle die geleentheid kan kry om hul portfolio’s uit te brei, bietjie te leer en net lekker te kuier in hierdie tipe setup.  Ek is groot om die ware idee van boudoirfotografie uit te dra en nie hierdie genre van fotografie goedkoop te laat lyk nie.

Geniet hierdie foto’s saam met my en as jy dalk ‘n model wil wees vir die workshop kan jy my gerus laat weet :-)!

PS: Met hierdie shoot het ek die reëls van my Fifty Shades of Boudoir pakket oortree want ek kon dit net nie weerstaan om Petro te vra of ek so paar foto’s van haar stunning shoot te post nie.  Dus kan julle nog ‘n Fifty Shades of Boudoir foto ook verwag.  Daarom is die meeste foto’s in swart en wit, maar dis nes hoe ek dit verkies :-)!

xxx

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_002 (Large)

Is hierdie grimering nie stunning nie?

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_003 (Large)

  

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_022 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_030 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_039 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_052 (Large)

Hierdie is een van die honde op die plot waar ons die foto’s geneem het.  Dit is so ‘n pragtige natuurlike foto!

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_086 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_089 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_095 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_099 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_103 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_106 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_119 (Large)

Dis die volgende drie foto’s waarvan ek hou met my boudoirfotografie.  Van mooi na spontaan!!

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_128 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_129 (Large)

 

DeAnna_50_Shades_of_Boudoir_Petro_130 (Large)

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More