Petra | Portraitsessie | Sarie Voorbladgesig van die Jaar kompetisie
23 May 2012 – Vanaand moet ek net hierdie pragtige foto’s van Petra post! Ek moet net…
24 May 2012 – Ek dink ek is baie bevoorreg omdat ek van die mooiste kliënte het. Petra is na my verwys deur een van haar vriendinne sodat ek haar portraits vir Sarie Voorbladgesig van die Jaar kompetisie kon neem. Gewoonlik gesels ek eers ‘n bietjie met hulle sodat ek hulle soortvan beter kan leer ken, wat dit makliker maak om te weet met watter tipe kliënt ek te doen het, maar kyk, toe ek en Petra eers aan die gesels raak het ons tweetjies nie ‘n einde gehad nie 🙂
Sy is so ‘n stunning mens en sy het dit vrek maklik gemaak om stunning foto’s van haar te neem. Ek dink as ek haar die heel dag kon afneem het ek dalk.
Geniet haar mooi foto’tjies!
xxx
Petro | Portraitsessie | Kloofendal Natuurreservaat
Ek het hierdie shoot met Petro by die Kloofendal Natuurreservaat vrek baie geniet! Sy was so maklik om af te neem en ons het ‘n hele paar keer sommer lekker gelag!
Geniet hierdie foto’s net so baie soos ek dit ge-edit het!
xxx



Anéy | Matriekafskeid | Noordekrans
Uiteindelik kom ek by hierdie post uit, maar glo my as ek sê ek kon nie wag om dit te post nie. Anéy is een van daardie mense wat met haar voetjies plat op die aarde is. Sy weet wat sy wil hê en volg nie ander na nie. Sy doen wat vir haar gemaklik en aanvaarbaar is en leef baie naby aan ons Hemelse Vader. Sy is so ‘n pragtige mens! Sy is een van daardie mensies wat nie net mooi van buite is nie, maar ook mooi van binne is! Sy het ‘n hart van goud wat dit baie lekker maak om saam met haar te kuier!
Ek ken haar ma, Ilze, van ons Weltevreden gemeente af en kon nie wag om hierdie shoot vir hulle te doen nie. Ons het die foto’s sommer by hulle stunning huis geneem en ek het elke oomblik daarvan geniet!
Anéy, ek hoop die foto’s is wat jy graag wou hê! Jy het baie mooi gelyk en hoop die aand was voortreflik en een wat jy nie sommer sal vergeet nie!!
xxx
Anéy se oulike Oupa moes ook net ‘n bydrae lewer…hiehie!!
Twee baie mooi sussies!!


