Clarisha en Marinus | Kream, Pretoria

Posted by on 2012/03/29 in Weddings | 1 comment

Hierdie was die tweede troue waar ek saam met die talentvolle en amazing Lindy Leeming gewerk het en waar ek met die Canon 5D II geskiet het…*swoon*

Clarisha en Marinus se diens was in the NG Kerk Loftus in Pretoria en toe Lindy vir my gese het ons gaan foto’s neem by die Uniegeboue het ek gewonder of ons enige ordentlike bruikbare foto’s daar gaan kry.  Die idee van massa mense wat die heeltyd wil deel wees van die foto’s was al deur my kop gegaan het, maar hoe verkeerd kon ek nie wees nie.  Ek dink ek is sommer verlief op die Uniegeboue as agtergrond vir foto’s.  Hierdie tweetjies kon nie mooier foto’s maak nie!

Na die couple shoot deel is ons na Kream restaurant in Brooklyn wat my verras het met hul gasvryheid, goeie diens en lekker kos!  Dis verseker ‘n moet as jy in daardie omgewing is!

Ek het ook hierdie week gehoor dat Clarisha en Marinus in die Top 13 van Sarie se bruidspaar van die jaar kompetisie is wat my en Lindy se harte sommer baie bly maak!  Baie geluk julle tweetjies!  Hou vir julle styf duim vas!

Geniet elke oomblik van hierdie foto’s saam met my!

xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More