Dawn | Portraitsessie, Bryanston

Posted by on 2014/10/20 in Lifestyle | 0 comments

DeAnna_Dawn_portrait_138 (Large)

Dawn het ‘n rukkie terug ‘n boudoir sessie by my gewen, maar nadat sy wel al toe een gedoen het, het ons besluit om hierdie eerder dan ‘n portraitsessie te maak – en ek is nie ‘n dag spyt nie. 

Ek het nie regtig geweet wat om te verwag nie en maar opgesien na die sessie.  Ek het vir Ilana van Cosmetiek gevra om haar wonderkwassies te swaai en iets besonders uit te haal, maar soos ons begin het, het Dawn vinnig haar persoonlikheid laat wys en het ons vele male lekker gelag nog voor die sessie begin het.  Sy is ‘n bol energie wat enigiets wat ek voorgestel het probeer het en daarmee saam het ons pragtige foto’s gekry.  Sy is so natuurlik mooi en mens kom vinnig agter dat dit van binne af kom.

Sy was ‘n fees om af te neem en soos die foto’s vanself spreek is dit nie moeilik om te verduidelik wat ek daarmee saam bedoel nie.

Die les wat ek weereens hieruit geleer het: sien op na al die shoots dan is elke shoot ongelooflik!!

Geniet hierdie foto’s soos wat my oulike vriendin, Ilana, geniet het om haar grimering weer foutloos te doen en ek om die foto’s te neem!

xxx

 

DeAnna_Dawn_portrait_011 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_013 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_017 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_021 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_026 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_029 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_038 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_039 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_042 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_046 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_048 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_051 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_060 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_067 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_070 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_077 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_081 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_083 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_089 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_091 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_093 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_097 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_098 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_100 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_106 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_112 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_114 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_121 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_126 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_127 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_132 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_139 (Large)

DeAnna_Dawn_portrait_141 (Large)

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More

My own Moo Minicards

Posted by on 2012/09/11 in Marketing and packaging | 2 comments

 

One thing I love about Facebook is that it is almost like Google.  If you are looking for something you’ll find it there.  I recently saw a post on another photographer’s wall stating that you can get Moo Minicards for free if you are willing to add the Etsy site’s badge on your cards.  Etsy being the most amazing site where you can buy or sell handmade and vintage items, art and supplies.  So if Moo, who creates and customises premium business cards, minicards and postcards, is giving away free Minicards it is an opportunity you don’t let go by.  So I designed my card on their site, paid the postage fees and two weeks later I got my cards.  And I am so in love with these Minicards.

If I can say it myself…They are SO cute!! 

 

 

Yes, they are all Mine!! 

 

 The link to get yours from Moo is here!

 

Facebookpinterestinstagram Read More

Lizane en Nico | Verlief | Tremparkie, Roodepoort

Posted by on 2012/07/13 in Lifestyle | 1 comment

 Hierdie was nog een van die lekkerste shoots wat ek gedoen het, juis omdat ek vir Lizane al vir baie jare ken!  Sy het voor my groot geword en het ‘n baie sagte plekkie in my hart!  Daarmee saam was ek aangenaam verras oor die spesiale verhouding tussen haar en Nico!  Hulle maak so stunning paartjie en dit het duidelik in die foto’s na vore gekom!  Hierdie tweetjies is ook plaaskinders, alhoewel Lizane in Pretoria studeer!

Ek deel graag hierdie foto’s met almal want dit was vrek lekker en ek is baie opgewonde hieroor!

Lizane en Nico, baie dankie dat julle so ‘n stunning modelle was en dan nog so ver gery het hiervoor ook!  Ek waardeer dit vrek baie!

Ek het ook vir Eugenie Eloff die kans gegee om saam met my te neem!  Kan nie wag om haar foto’s te sien nie!

xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More

Lizette en Dwayne | Kloofendal Natuurreservaat

Posted by on 2012/04/12 in Lifestyle | 4 comments

 Lizette was die tweede prys wenner van die kompetisie waarmee ek my nuwe webbladsy geadverteer het verlede jaar.  Ek ken Lizette al van Laerskooldae af en dit was so heerlik om bietjie op te vang en saam met haar en Dwayne te kuier. 

Ek moet erken dat ek skoon uit die veld geslaan was oor hoe pragtig Lizette regtig is en daarmee saam komplimenteer sy en Dwayne mekaar baie mooi.  Hulle het dit vir my regtig so maklik gemaak om met hulle te werk.

Dit was ook die eerste keer dat ek by Kloofendal Natuurreservaat foto’s geneem het en was baie opgewonde oor hoe pragtig dit daar was.

Geniet hierdie mooi foto’s van die tweetjies soos ek geniet het om dit te edit!

xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More

Magriet en Riaan | Getroud | Alberton

Posted by on 2012/01/18 in Weddings | 3 comments

Hierdie was een van die lekkerste troues wat ek nog afgeneem het!  Sonder twyfel!

Ek ken Magriet van die werk af en sy het my al baie lank terug gevra, dat wanneer sy en Riaan trou, ek asb haar foto’s moet neem.  Uiteindelik het eendag aangebreek en ek was so bevoorreg om hulle foto’s te kon neem.  Dit was ‘n klein intieme troue by hulle huis en ons het daarna sommer in ‘n veld naby aan hulle huis gaan foto’s neem.  En was ek nie bly hieroor nie!  Ek het sommer net daar op die veld verlief geraak en kon net nie genoeg foto’s neem nie.  As die reen nie begin dreig het na die fantastiese dag waarmee ons geseen was nie, het ek seker vandag nog gestaan en foto’s neem van die tweetjies!  Magriet het so pragtig gelyk.  Ek het amper nie eers herken toe ek haar sien nie!

Magriet en Riaan, geniet hierdie foto’s want julle het dit vir my so maklik en lekker gemaak om jul spesiale dag vas te vang en stunning herinneringe!  Baie dankie dat julle julle spesiale dag met ons, Lerika (my second shoot) en myself, gedeel het! 

xxx

Haar kat wou ook deel he van die lekkerte van die dag en het die diens bygewoon…:-)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek love hierdie foto van Magriet!

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog een van my gunstelinge van die dag!  Sjoe, die veld was net so mooi!

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More