Eileen en Xander | Rosemary Hill Farm
Ek wens ek was ‘n goeie skrywer om vir hierdie sessie die mooiste woorde te kon opvleuel en in diepte kon beskryf hoe ek hieroor voel. My trane wil begin vloei, maar terselfertyd klop my hart wild van opgewondenheid as ek my maatjie, Eileen, so gelukkig sien en dink dat mooi gevleuelde woorde dalk nie eers nodig is nie. Ek dink die liefde wat die twee vir mekaar uitstraal sê alles en is ekstra verduidelikings nie eers nodig nie. Maar ek is bly. Tot in my diepste wese waar liefde onbeskryfbare dinge vir ons duidelik maak, dat die Here vir Xander op die regte tyd en regte plek oor Eileen se pad laat kruis het. Nooit kan mens vasvang die seer wat ‘n person mag ervaar nie, maar ek hoop en vertrou dat ek die blydskap en liefde van die twee in elke foto wat hier gewys word, en die baie ander wat ek vir hulle gee, op die mooiste mooi vir hul kon verewig. Ek is dankbaar dat ek deel daarvan mag wees en dra my hartsmaatjie en haar liefde vir Xander aan die Here op in dankbare oortuiging dat Hy ‘n fantastiese werk hier gedoen het.
Ons het by die mooie Rosemary Hill Farm in Pretoria gaan afneem en dit was ook die eerste keer wat ek daar foto’s gaan neem het. Dit is by verre een van die mooiste troulokale in Gauteng en al was dit nog droog en vaal dink ek ons het steeds baie mooi foto’s met fantastiese lig gekry. Vir meer kon ons nie vra nie.
Eileen se grimering is deur Cosmetiek gedoen en weereens is dit briljante werk. Dankie daarvoor Ilana!
Ek bid vir julle die mooiste troudag toe en mag jul huwelik nog mooier wees as daardie spesiale dag!
xxx



Linda en Adriaan | Verloof, Shephard’s Fold Stables
Linda en Adriaan is so vrek oulik en buiten dat ek die middag saam hul baie geniet het kon ek nie vir beter lig gevra het nie. Ek het baie lanklaas sulke mooi “goue uur” lig gesien en ons het letterlik misbruik gemaak daarvan. Hierdie tweetjies kom van Kathu af en trou einde Oktober by die pragtige Waterfall Cove in Muldersdrift. Ons het mekaar by Shephard’s Fold Stables ontmoet en dis ‘n plek so na aan my hart – rof, onafgewerk en oop velde. Ons was bevoorreg om hul mooiste perd deel van die sessie te maak en kon nie vir ‘n beter gemanierde perd gevra het nie – soos die foto’s wys was hy heel geduldig terwyl ons rond gespeel het om perfekte foto’s te kry.
As hierdie sessie so pragtig uitgekom het kan ek net dink wat ons met hul troue gaan kry. Ek is baie opgewonde om jul een van die dae weer vas te vang!
xxx
En alhoewel ons hart hieronder nie so mooi en perfek uitgekom het soos ons gehoop het nie, dink ek dis steeds oulik!



Sune en Eddie | Verloof, Kosmos Manor Guest House, Hartebeespoortdam
Hierdie was ‘n baie spesiale sessie vir my. Ek en Suné het vir ‘n paar jaar saam gewerk en het van die begin af ‘n baie goeie en hegte vriendskap gehad, al is sy ‘n hele paar jaar jonger as ek. Selfs sy en Eddie loop al lank ‘n paadjie saam waar hul vir lank baie goeie vriende was maar heimlik verlief was op mekaar. Toe hul uiteindelik tot die besef kom dat hul vir mekaar bedoel is, is die res geskiedenis en maak hul die mooiste herinneringe saam. Ons beplan hierdie sessie al van einde verlede jaar af en al trou hul eers einde 2017, het hul die foto’s gebruik om hul trouuitnodiging/”save the date” mee uit te stuur, want dis een groot fees wat gevier gaan word op die waters.
Ons was in die bevoorregte posisie om by Kosmos Manor Guest House in Harties hierdie pragtige foto’s te neem. Julle kan gerus daar gaan bly vir ‘n naweek of twee want die diens was uitstekend en die ontvangs was so joviaal. Baie dankie Kosmos Manor!
Suné se grimering is deur Cosmetiek gedoen en was weereens onverbeterlik.
xxx



Megan and Warren | Engaged, Delta Park
I have been one spoilt brat when it came to totally awesome shoots the last 6+ months! It has carried me through tough times, made me cry happy tears, do happy dances when I got “that” shot and made me believe in love..pure and true love. Megan and Warren’s shoot was no different. They are so in love with each other and never hesitated to let themselves glow with that love. They were easy to work with which always make my job so much easier, but when I walked away satisfyingly happy and actually believing in true love, I knew this was one amazing shoot.
Megan is from America and met Warren, who is a South African, when they were both working in Malawi (if I can remember correctly..). The tough part is that he was transferred to Tanzania and they have been living apart for a while by the time I met them, but think that in this case distance truly made the heart grow fonder. These two are getting married in August and if Megan made amazingly beautiful photos now, I can just imagine how so would look on their wedding day. Warren is one lucky man!
Enjoy the gorgeous light and cosmos flowers we had at Delta Park.
xxx
PS: Since this shoot Megan has moved to Tanzania and is not back with the love of her life.
PPS: Megan and Warren, thanks for trusting me with capturing your love for one another on “film” and I wish you all the best for your special day and your amazing “happily ever after“!



Lizalle en PJ | Verloof, Deltapark
Lizalle en PJ het so ‘n goeie chemie tussen hulle dat ek omtrent nie vir beter foto’s kon vra nie. Ek het hulle by Deltapark in Linden ontmoet en kon nie vir beter lig gevra het nie.
Ek het Lizalle by haar suster, Elouwdi, se troue verlede jaar ontmoet en was sommer uit my vel van opgewondenheid toe sy my later in die jaar vra om ook haar troufotograaf te wees. Lizalle en PJ is baie gemaklik voor die kamera wat enige fotograaf se werk soveel makliker maak. Ons het ‘n hele paar keer lekker gelag en hulle was gewillig om na al my mal idees te luister en te probeer.
Hulle tweetjies is intussen getroud en ek kan nie wag om hul ongelooflike mooi troufoto’s met julle te deel nie. Hou hierdie spasie dop!
xxx