Posted by on 2011/10/06 in Weddings | 0 comments

Ronel is ‘n baie goeie vriendin van my en ek ken haar en Anthony al vir ‘n hele paar jaar.  Ek en Ronel kom al vir die afgelope 7 jaar saam waar ons saam aan die welsynswerk vir ons departement begin gewerk het.  Ek het die wonderlikste herinneringe van daardie tyd en toe sy my vra of ek hulle troue sal afneem, was ek meer as opgewonde, maar moet erken ook baie gespanne. 

Alhoewel Ronel en Anthony al vir meer as ‘n jaar uitgegaan het, het sy hulle troue in net drie weke gereel nadat sy een aand vir hom gese het dat hul net sowel kan trou op die dag wanneer hulle ‘n jaar terug verloof geraak het.  En ek moet se, ek haal my hoed vir haar af want sy het ‘n baie goeie werk daarvan gemaak!  Van haar dekor, tot haar blomme, haar hare en uitnodigings was pragtig en dis asof sy baie maande tyd gehad het om daaraan te beplan en werk.  Sy is ‘n pragtige mens en dit het in hul troue ook weerspieel!

Ronel, my vriendin, jy het pragtige foto’s gemaak en ek kan hiermee vir jou en Anthony die mooiste wense toe wens, julle in my gebede opdra en ook vertrou dat ons Hemelse Vader so geweet het wat Hy doen toe Hy hulle met mekaar geseen het!  Ek gun jul die wereldse geluk en liefde!  Maak mekaar gelukkig en wees altyd mekaar se beste maatjies!

Baie dankie dat ek nie net jul foto’s kon neem nie, maar ook ‘n gas kon wees op ‘n fantastiese troue!

Kat Forsyth het saam my geassisteer op hierdie troue en dit was ‘n baie groot voorreg dat sy my gehelp het.

Geniet hierdie saam met my!

xxx

Hierdie is een van die mooiste emosionele foto’s wat ek nog geneem het!

 

My tweede fotograaf vir die dag was die wonderlike Kat Forsyth!

xxx

Facebookpinterestinstagram

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.