Posted by on 2012/09/11 in Weddings | 2 comments

Mader en Pauli bly in Brittanje en ek het haar die Woensdag voor die troue vir die eerste keer ontmoet.  Dit was so snaaks, want ek het haar gevra om my by Mugg & Bean in Clearwater Mall te kry en terwyl ek vir haar sit en wag, het regtig gedink sy is laat vir die afspraak, sit sy self en wag vir my, want nie een van ons twee kon onthou hoe die ander lyk nie.  

Hulle troue was by Buitengeluk , Broadacres Leefstylsentrum, en ek was baie verras oor die pragtige plek.   Die tema was “high tea” en was so mooi!  A Vintage Affair het hulle dekor gedoen en ek sal hulle vir enigiemand aanbeveel.

Mader en Pauli was so maklik om af te neem want jy kon die liefde tussen hulle ‘n myl ver voel.  Hulle kon nie hulle oë van mekaar afhaal nie en dit het in hulle foto’s gewys.  Dit was ‘n groot plus punt, want die dag van die troue, dis die dag na my hartsvriendin se begrafnis, was ek baie emosioneel en het gewonder of ek ooit enige “goeie” foto’s geneem gaan kry, want my kop en hart was op ‘n “ander” plek, maar ek weet ek moet nog professioneel bly en ‘n diens lewer.  Dis soos om foto’s te neem en te dink alles gaan lelik uitkom, want die seer in jou hart gaan op die foto’s wys.  Ek was so dankbaar vir Mader-hulle wat verstaan het asook my wonderlike tweede fotograaf Soria van So Photo Studio, want ek het geweet ek kan op haar staatmaak om my deur die dag te kry as my foto’s dan werklik so was.  Soos ek die foto’s ge-edit het, het ek besef dat ek stunning foto’s geneem het, maar dat dit “anders” is as wat ek normaal neem.  Daar is baie meer hart hierin as seer en ek dink dit het my gehelp om die foto’s te kry wat ek geneem het – dit en Mader en Pauli se liefdevolle persoonlikhede.

Hierdie troue was ook andersom as normale troues, want ons het eers hulle couple shoot gedoen, toe die dekor gaan afneem, die diens bygewoon en daarna die onthaal gehad.  Ek gaan die troue in twee dele publiseer, want daar is net te veel mooi foto’s om alles in een post te sit.

Geniet hierdie pragtige mensies soos ons geniet het om hulle af te neem!

xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Kyk uit vir die laaste deel van die troue wat binnekort sal volg…

xxx

 

 

Facebookpinterestinstagram

2 Comments

  1. 2012/09/11

    Hi Vriendin.
    Was soo lanklaas op die website. Die veranderinge lyk baie mooi.Die foto’s is stunning!!!

  2. 2012/09/20

    Beautiful pictures! Congratulations! Especially 023 (large)!

    Love, Kareen and Jamie xxx

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.