Posted by on 2013/08/24 in Weddings | 4 comments

 

DeAnna_Karin_en_Burger_001 (Large)

 

Karin en Burger se troue het vir baie opwinding gesorg, maar ek dink ek moet by die begin begin. 

Ek het Karin en Burger se verlowingsessie vroeër in die jaar by Pretville in Harties gedoen en het baie na hul troue uitgesien.  Dit het by die pragtige Makiti plaasgevind en ek was sommer uit my vel toe ek sien dit is in die “nuwe” saal waar ek nog nie afgeneem het nie.  Die dag het so warm begin, met belowende sonskyn en pragtige fotoidees in gedagte.  Nadat ons albei se portraits geneem het en oppad kapel se kant toe was het die weer so vining opgesteek dat in die tyd wat ons daar besig was het dit so baie begin reën dat ons nie eers hul couple foto’s kon neem soos wat ons gewoonlik doen nie.  Dit was daardie Vrydagmiddag in April waar dit omtrent 100 mm in net ‘n halfuur gereën het – of miskien vir die hele aand.  Ten spite van, of ten danke aan, al die water wat geval het, kon ek nie vir ‘n mooier bruid as Karin gevra het nie.  Haar ogies was spesiaal blouer as normaal en haar rok is sekerlik net met haar in gedagte deur Bride & Co. gemaak.  Sy kon nie vir ‘n mooier rok gevra het of een wat beter by haar gepas het nie.  Sy het so ongelooflik mooi gelyk.

As gevolg van al die reën daardie dag moes ons noodgedwonge hulle couple foto’s ‘n week en ‘n half later weer by Makiti doen, maar as ek dit nie genoem het nie sou mens amper nooit kon sê dat dit op ‘n later datum geneem is nie.  Al wat dit soveel lekkerder gemaak het was dat Karin en Burger baie onstpanne was en dat ons sommer ‘n vinnige op- en inhaalsessie kon hê en daarmee saam pragtige foto’s kon kry.

Ek was bevoorreg dat Soria van So Photo Studio weer saam my afgeneem het en soos gewoonlik het sy vir my pragtige foto’s gegee – veral van Burger en sy manne.

Geniet hierdie foto’s saam met my!

xxx

 

DeAnna_Karin_en_Burger_005 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_006 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_007 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_008 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_009 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_010 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_011 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_012 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_013 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_002 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_003 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_004 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_017 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_014 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_015 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_016 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_018 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_019 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_020 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_021 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_022 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_023 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_024 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_025 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_026 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_027 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_028 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_029 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_030 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_031 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_032 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_033 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_034 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_035 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_036 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_037 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_038 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_039 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_040 (Large)

DeAnna_Karin_en_Burger_041 (Large)

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram

4 Comments

  1. 2013/08/25

    Juanette, die foto’s is pragtig! Janee,die elemente was uitdagend, maar die resultaat is asemrowend. Jy het werklik besonder mooi foto’s van Karin geneem. Die agterna foto’s van Burger en Karin is werklik mooi – hulle is so gemaklik met mekaar. Baie geluk met ‘n pragtige stuk werk!

  2. 2013/08/25

    Die foto-album is pragtig! Dis ‘n mooi weergawe van die vreugdevolle dag. Die album is regtig iets besonders!

  3. 2013/08/26

    dis werklik waar sulke stunning foto’s!!

  4. 2013/08/30

    Juanette, sjoe! Dit is die mooiste foto’s! Ek en Burger is baie gelukkig met die foto’s en veral die foto-album. 🙂 Jy het werklik die elegantheid,sagtheid en emosies van die dag goed vasgevang! Duisende dankies 🙂

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.