Posted by on 2016/10/08 in Lifestyle | 1 comment

deanna_sune_en_eddie_099-large

Hierdie was ‘n baie spesiale sessie vir my. Ek en Suné het vir ‘n paar jaar saam gewerk en het van die begin af ‘n baie goeie en hegte vriendskap gehad, al is sy ‘n hele paar jaar jonger as ek.  Selfs sy en Eddie loop al lank ‘n paadjie saam waar hul vir lank baie goeie vriende was maar heimlik verlief was op mekaar. Toe hul uiteindelik tot die besef kom dat hul vir mekaar bedoel is, is die res geskiedenis en maak hul die mooiste herinneringe saam. Ons beplan hierdie sessie al van einde verlede jaar af en al trou hul eers einde 2017, het hul die foto’s gebruik om hul trouuitnodiging/”save the date” mee uit te stuur, want dis een groot fees wat gevier gaan word op die waters.

Ons was in die bevoorregte posisie om by Kosmos Manor Guest House in Harties hierdie pragtige foto’s te neem. Julle kan gerus daar gaan bly vir ‘n naweek of twee want die diens was uitstekend en die ontvangs was so joviaal. Baie dankie Kosmos Manor!

Suné se grimering is deur Cosmetiek gedoen en was weereens onverbeterlik.

xxx

 

deanna_sune_en_eddie_001-large

deanna_sune_en_eddie_004-large

deanna_sune_en_eddie_005-large

deanna_sune_en_eddie_006-large

deanna_sune_en_eddie_009-large

deanna_sune_en_eddie_012-large

deanna_sune_en_eddie_018-large

deanna_sune_en_eddie_023-large

deanna_sune_en_eddie_025-large

deanna_sune_en_eddie_035-large

deanna_sune_en_eddie_050-large

deanna_sune_en_eddie_053-large

deanna_sune_en_eddie_056-large

deanna_sune_en_eddie_058-large

deanna_sune_en_eddie_070-large

deanna_sune_en_eddie_084-large

deanna_sune_en_eddie_089-large

 

Facebookpinterestinstagram

One Comment

  1. 2016/10/08

    Pragtig !

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *