Posted by on 2014/03/18 in Lifestyle | 1 comment

DeAnna_Charisma_en_Jacques_068 (Large)

Jacques se ma het my net na Anel en Gert se troue gebel en gevra of ek hulle nie sal kan uithelp met ‘n couple shoot vir haar seun, Jacques, en sy meisie, Charisma, nie, maar hulle het iets spesiaal vir haar beplan.  Nadat sy my al die besonderhede gegee het, kon ek nie weier nie al het ek ‘n verskriklike besige seisoen gehad einde verlede jaar en ek plan gemaak om tyd vir hulle in te ruim.  Ek het self met Charisma die sessie gereël – ek moes vir haar ‘n witleuentjie vertel deur te sê dat ek haar nommer by ons vriendin Karien gekry het nadat ek vir haar gevra het of sy nie dalk weet van ‘n paartjie wat sal belangstel in ‘n gratis couple shoot waar ek iets unieks wil probeer nie.  Charisma het dadelik ingestem en al ons reëlings het moeiteloos in plek geval.

Daardie middag het ons by Thaba Ya Batswana afgeneem.  Daar aangekom was Charisma uit haar vel omdat sy nog nooit vir ‘n fotosessie gegaan het nie en dit nou nog saam die liefde van haar lewe het gemaak dat sy so opgewonde was.  Nadat ons vir omtrent ‘n uur foto’s geneem het, het ek haar gevra of sy nie dalk nou klere wil verander nie en dan sal ek en Jacques vir haar wag.  Hy het net vinnig ‘n ander hemp oor sy kop gegooi en ons het na die kapel gegaan waar als so mooi opgemaak was.  Die oulike David, my assistent vir die dag het, het vir haar gewag en nadat sy klaar was het hy aan haar verduidelik dat ek en Jacques maar solank kapel toe geloop het en daar vir haar wag.  David moes mooi te werk gaan om haar alleen in die kapel te kry en met die instap het sy nie mooi verstaan wat gebeur nie tot sy die bord lees wat voor in die kapel gestaan het.  Sy was so verras en geskok in een dat ek nie seker is of sy regtig mooi verstaan het nie.  Terwyl sy nie geweet het of sy moet lag of huil nie het sy sommer met my baklei omdat ek vir haar die witleuentjie moes vertel sodat ons die shoot gedoen te kry.  Ek moet self erken ek het ook maar ‘n traan afgevee omdat dit my eerste keer was waar ek so iets kon afneem en die totale opgewondenheid van jongmense beleef het wanneer hulle hulself voorlopig aan mekaar belowe.

soos julle kan sien het ek stunning foto’s gekry en sien ek baie uit na hulle troue!

Charisma en Jacques, julle is pragtig saam en kan nie wag om jul troue af te neem en jul liefde vir mekaar ewig vas te vang nie!

xxx

DeAnna_Charisma_en_Jacques_017 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_021 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_022 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_025 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_026 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_032 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_037 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_041 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_045 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_047 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_051 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_054 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_055 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_060 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_070 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_080 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_093 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_095 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_103 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_104 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_105 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_002 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_005 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_007 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_008 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_011 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_014 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_108 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_109 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_110 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_113 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_115 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_116 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_118 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_119 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_121 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_123 (Large)

DeAnna_Charisma_en_Jacques_125 (Large)

 

Facebookpinterestinstagram

One Comment

  1. 2014/03/19

    Aaawww dit is nou vir jou oulik gewees. Stunning foto’s soos altyd Juanette ;o)

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *