Posted by on 2011/11/16 in Lifestyle | 0 comments

Uiteindelik kom ek by hierdie post uit, maar glo my as ek sê ek kon nie wag om dit te post nie.  Anéy is een van daardie mense wat met haar voetjies plat op die aarde is.  Sy weet wat sy wil hê en volg nie ander na nie.  Sy doen wat vir haar gemaklik en aanvaarbaar is en leef baie naby aan ons Hemelse Vader.  Sy is so ‘n pragtige mens!  Sy is een van daardie mensies wat nie net mooi van buite is nie, maar ook mooi van binne is! Sy het ‘n hart van goud wat dit baie lekker maak om saam met haar te kuier!

Ek ken haar ma, Ilze, van ons Weltevreden gemeente af en kon nie wag om hierdie shoot vir hulle te doen nie.  Ons het die foto’s sommer by hulle stunning huis geneem en ek het elke oomblik daarvan geniet!

Anéy, ek hoop die foto’s is wat jy graag wou hê!  Jy het baie mooi gelyk en hoop die aand was voortreflik en een wat jy nie sommer sal vergeet nie!!

xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Anéy se oulike Oupa moes ook net ‘n bydrae lewer…hiehie!!

 

 

 

 

Twee baie mooi sussies!!

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.