Posted by on 2012/07/25 in Boudoir | 2 comments

 Ek dink Marlise is een van die mooiste mense wat ek al afgeneem het, maar juis omdat dit van binne afkom.  Sy is nie net gemaklik met wie sy is nie, maar sy is ook baie gemaklik voor die kamera.  Sy is ‘n model duisend en enige fotograaf se droom.  Daarom dink ek ek is in ‘n baie bevoorregte posisie om, buiten vir troues, boudoir shoots ook te kan doen en dit bowenal nog te geniet!  Dis mensies soos Marlise wat dit so lekker maak. 

Mag julle, al is dit net ‘n klein ietsie, optel van die mooi mens wat sy is, want dan sal julle verstaan hoekom hierdie een van die mooiste en lekkerste shoots tot nou was.  En ja, ek se elke keer elke shoot is die mooiste en die lekkerste, maar dit is dalk omdat ek saam met elke shoot as fotograaf en mens groei.  Daarom sal ek ‘n spesiale plekkie in my hart he vir elke shoot wat ek doen!

Geniet hierdie een saam met my!

xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram

2 Comments

  1. 2012/07/27

    Oe, mooi mooi mooi! Gorgeous!!! xxx

  2. 2012/08/01

    stunning and as usual classy yet sexy and in good taste! not showing off too much but accentuating the beauty of a woman’s body

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *