Posted by on 2014/06/10 in 50 Shades of Boudoir | 0 comments

DeAnna_Fifty_Shades_of_Boudoir_Twenty Two Arete (Large)

 

Sjoe, wat kan ek van Aréte sê…sy is ‘n borrelende en positiewe bondeltjie mens en het elke sekonde saam haar geniet!

Soos meeste van my kliënte het sy bietjie senuwees gehad toe sy my by die pragtige The Wesley ontmoet het, maar het sommer vinnig ontdooi toe Ilana van Cosmetiek met haar grimering begin het en haar suster haar ook kom ondersteun het.  Weereens het Ilana ‘n fantastiese werk gedoen en kon ek nie vir beter grimering gevra het nie.  Haar grimering het haar pragtige persoonlikheid baie mooi gekomplimenteer.

Super opgewonde om vir haar toekomstige man ‘n spesiale geskenk op hul troudag te gee, het Aréte sommer vinnig ontspan en vir my baie sensuele foto’s gegee.   Ek dink hy sal verseker daarvan hou ;-)!

xxx

 

Facebookpinterestinstagram

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.