Posted by on 2015/01/14 in 50 Shades of Boudoir | 0 comments

DeAnna_Fifty_Shades_of_Boudoir_Twenty Six Jana b (Large)

 

Hierdie was ‘n vrek lekker sessie.  Vir meer as een rede.  Mev. J is so ‘n pragtige mens en bring soveel kalmte uit ‘n ander person met wie sy in gesprek is.  Sy het my op kort kennisgewing geboek en die dag van haar sessie het sy ons van haar werk vertel en hoe interessant dit is, al werk sy lang ure, terwyl die oulike Kirsten van Kirled Lash haar grimering gedoen het.  En vir iemand wat daardie stadium harde en lang ure gewerk het, het sy baie goed gelyk – geen swart kringe onder die oë, sleep voete of geboë skouers nie.  Die grimering het haar mooi gesiggie gekomplimenteer en ek kon nie vir beter afronding gevra het nie. 

Sy het pragtige foto’s gemaak en dink haar man was erg verras oor die opwindende geskenk wat sy vir hom gegee het vir hul huweliksherdenking.  So dis altyd ‘n goeie idee om so iets in gedagte te hou!

xxx

 

 

Facebookpinterestinstagram

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.