Posted by on 2013/10/07 in 50 Shades of Boudoir | 0 comments

DeAnna_Fifty_Shades_of_Boudoir_Ten d (Large)

 

Linky was my tiende Fifty Shades of Boudoir sessie en hierdie was een van daardie sessies waar ek aangenaam verras was deur wie Linky werklik is of kan wees *skimp-skimp* :-D!  Ek ken haar van die werk en het haar onlangs as goeie vriendin baie beter leer ken.  Toe sy my vra of ek vir haar ‘n boudoirsessie sal doen was ek super opgewonde, want hierdie sou dan letterlik die “eendjie wat in ‘n swaan verander” storie wees…en dit was!  Ek het weer met Ilana van Cosmetiek gereël om haar magic wand te kom swaai en het sy dit nie geswaai nie.  Linky het soos ‘n engel, droomvrou, (super)model, prinses, (uhm watter gepaste woorde kan ek nog kies?) gelyk!

Alhoewel Linky in die begin bietjie onseker was het sy vinnig gesnap hoe ek werk en wat ek van haar verwag.  Sy het haar versteekte modelkant uitgebring en baie goeie resultate gelewer.  Sy is so mooi!

xxx

 

Facebookpinterestinstagram

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.