Posted by on 2014/01/24 in 50 Shades of Boudoir | 0 comments

DeAnna_Fifty_Shades_of_Boudoir_Seventeen Zinta b (Large)

 

Zinta is my sewentiende Shade en ek raak sommer opgewonde as ek terugdink aan haar fotosessie.  Sy het ‘n kompetisie gewen wat ek saam met my vriendin, Petra, gehardloop het en sy het nog nooit ‘n fotosessie gedoen nie.  Dus het ek met ‘n pragtige vrou gewerk wat nie geweet het wat om te verwag nie – ek hou daarvan. Dis asof daar ‘n skoon skilderdoek vir my gegee word en ek die prentjie kan verf wat ek graag wil hê.  Maar Zinta het my baie verbaas en nadat sy eers voor die kamera begin opwarm het, het ek die mooiste foto’s van haar gekry.  Sy het daardie skoonheid, van binne en buite, aan haar wat jou bybly.  Met trots kan ek sê dat ek nog ‘n vriendin ryker is!

My wonderlike vriendin, Ilana van Cosmetiek het Zinta se grimering gedoen en weereens spreek dit boekdele.

xxx

Facebookpinterestinstagram

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.