Dione Boudoir | Boudoir shoot

Posted by on 2012/05/01 in Boudoir | 0 comments

 Buiten vir al die troues wat ek tot nou afgeneem het en wat ek steeds as my gunsteling genre beskou, moet ek se ek geniet die Boudoir sessies vrek baie!  Ek weet nie of dit is omdat daar soveel mooi in elke vrou is wat ek mag vasvang en dat hulle, ten spyte van die al die issues wat ons as vrouens maar met onsself het, met soveel selfvertroue en daardie spesiale gevoel van selfwaardigheid uit die studio uitstap nie, en of dit is omdat dit ‘n tipe fotografiestyl is wat ons nie sommer elke dag vir onsself of vir manlief laat neem nie.  Dit laat mens soet-stout, opgewonde en sexy voel…

Dione is stunning en ek het dit so geniet om haar so spesiaal te laat voel. 

xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More

Marethe Grobler Boudoir Workshop

Posted by on 2012/03/08 in Boudoir | 1 comment

Sjoe, ek weet nie waar om te begin nie. 

Dalk by my opgewondenheid?

By die feit dat dit die eerste keer is wat ek boudoir fotografie aandurf? 

Dat ek die grootste deel van die tyd my bewonder het aan die model se natuurlike skoonheid?  (En glo my sy is net so mooi van binne ook).

Dat ek die voorreg gehad het om die werkswinkel saam met drie ander baie oulike fotograwe kon bywoon?

Of is dit omdat ek elke oomblik van hierdie dag en werkswinkel, wat awesome, baie behulpsame en ongelooflik goeie “juffrou” Marethe aangebied het, geniet het? 

Of dalk die model se stunning grimering wat deur Maureen, Marethe se lieflike suster, gedoen is? 

Ek dink julle kan maar vir julself besluit!

xxx

 

 

 

 

 

 Ek love hierdie een! Sy is nou maar net een mal ‘n mooi vrou!

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More