Berenice en Herman | Tres Jolie troue

Posted by on 2013/11/17 in Weddings | 1 comment

 DeAnna_Berenice_en_Herman_217 (Large)

As ek terugdink aan Berenice en Herman se troue raak ek opgewonde, nie net oor die wonderlike weer waarmee ons daardie dag geseën was nie, maar oor hul liefde vir mekaar, haar “look” en die vintage dekor.  Haar trourok het haar soos ‘n handskoen gepas en ek kon nie vir ‘n mooier bruid gevra het nie. 

 Hierdie twee se dag het nie net oor hul liefde vir mekaar gegaan nie, wat so duidelik op die foto’s wys, maar oor hul kinders, familie, , gedeelde herinneringe, drome en vreugde – ek is baie bevoorreg om dit te kon vasvang.

Hulle is getroud by die nooit teleurstellende Tres Jolie in Ruimsig wat gesorg het vir pragtige foto’s!

Geniet hierdie foto’s saam met my!

xxx

  DeAnna_Berenice_en_Herman_022 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_025 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_026 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_029 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_032 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_068 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_001 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_004 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_008 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_009 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_075 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_087 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_107 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_122 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_123 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_124 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_125 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_160 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_164 (Large)

 

DeAnna_Berenice_en_Herman_140 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_155 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_172 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_179 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_181 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_196 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_198 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_204 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_208 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_210 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_236 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_256 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_258 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_268 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_276 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_280 (Large)

DeAnna_Berenice_en_Herman_282 (Large)

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More

Fifty Shades of Boudoir | Shade Nine

Posted by on 2013/11/16 in 50 Shades of Boudoir | 0 comments

 DeAnna_Fifty_Shades_of_Boudoir_Nine (Large)

Sjoe…ek het so baie om oor hierdie Fifty Shades of Boudoir sessie  te sê en steeds weet ek nie waar om te begin nie.  Ek het in Oktober 2012 (jip dis meer as ‘n jaar terug) ‘n boudoirkompetisie op Trou Inspirasie geadverteer en al wat die deelnemers moes doen was om te verduidelik hoekom hulle ‘n ‘Fifty Shades of Boudoir’ – sessie moes wen of hulle kon iemand anders benoem.  Ek het die mooiste verduidelikings gekry en na baie aande van lees en oorlees en weer lees het ek deur ‘n baie moeilike eliminasieproses gegaan en uiteindelik in my hart geweet dat hier prys verseker spesiaal na een iemand toe moes gaan.  Ek het haar laat weet en al was sy uit haar vel, was dit juis in ‘n moeilike tyd van haar lewe en het ons gereeld bly uitstel – tot dat ek (en sy dalk ook) gedink het dit gaan nie meer gebeur nie, maar dit het!!!

Lees eers Obie se verduideliking oor hoekom sy dit moes wen, hieronder, en verstaan hoekom dit my traankraantjies so geraak het.  Dan vertel ek meer van ons sessie daardie dag.

Uittreksel van Trou Inspirasie se webbladsy soos per die link hierbo: 

Obie van Rooyen says:

“Ek is 29 februarie van hierdie jaar gediagnoseer met leukemia! Op 21 was dit n reuse skok!! Na die eerste intensiewe chemo sessie het al my hare uitgeval! Hehe, ek het vir myself soos n alien gelyk, maar dit het my nie eintlik gepla nie, want at least het ek nog gelewe! Maar dit het duidelik al die mense om my geraak! Sjoe maar mense kan staar, sommer sonder om dit eers te probeer wegsteek! Maar ek het nie bandanas of mussies gedra nie, en my verloofde het dit gehaat as ek my pruik op het, so ek het myself reggeruk, en met selfvertroue met my kaalkop rondgeloop! Nou is dit net die wag vir die skenker!! *mens besef eers hoe mooi jy was nadat jy jou hare en lyf verloor! En dan doen jy die beste met wat jy het!!”

Ek het vir lank eers gehuil voordat ek werklik verder aan die ander verduidelikings kon lees.  Aan die positiewe kant was ek baie bly ons het nie die geleentheid gekry tot nou om hierdie shoot te doen nie want na al Obie se drama het ek ook die geleentheid gehad om nie net vir haar nie, maar haar wonderlike ma en sussie te ontmoet – en het ons lekker gekuier.  Tot een van my katte was so opgevry dat hy baie lank van moegheid net bly slaap het nadat hulle huis toe is ;-).

Kom ek vertel julle ‘n bietjie meer van Obie…  Nie net het sy met die fantastiese nuus by my aangekom dat sy uiteindelik kankervry is nie, maar ook dat haar hare al begin uitgroei het.  Ek moet sê dat mens somtyds wonder of dit meer tough is om in ‘n stryd teen kanker te baklei en of dit is om die guts te hê om ‘n boudoir shoot met amper niks hare aan te pak nie ;-).  Ek moet byvoeg, Obie het allie in haar sessie geskop.  Sy het kort hare ge*ROCK* en haar ongelooflike sterk persoonlikheid, die een waarmee sy met behulp van haar gesin teen die kanker baklei het, het so mooi na vore gekom.  Sy is nie net so mooi van buite nie, maar erg pragtig van binne.  Ek dink nie ek is een dag spyt ek het vir haar die geleentheid gegee nie, want sy het elke sekonde daarvan benut en vir my die mooiste foto’s gegee.  Ten spyte daarvan dat sy nog newe-effekte van die chemo gehad het en nader aan die einde moeg was, het sy steeds haar betowerende glimlag op haar sexy manier gewys.  Ek dink ons almal kan baie dankbaar wees dat so pragtige mensie ‘n deeltjie van ons lewenspaadjie deel, hetsy jy net foto’s van haar neem soos ek, haar ma is wat haar deur dik en dun bygestaan het, haar familie of haar ongeloofike verloofde.

Buiten vir hierdie Fifty Shade of Boudoir post mag ek wel nog van haar foto’s later in die jaar post en kan nie wag om haar stunning foto’s met julle te deel nie.  Julle gaan net so baie daarvan hou soos ek.

Die fantastiese Ilana van Cosmetiek het Obie se grimering gedoen en ek kon nie vir iemand meer spesiaal gevra het om hierdie avontuur van my met Obie saam ons te deel nie.

xxx

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More

Fifty Shades of Boudoir | Shade Fourteen

Posted by on 2013/11/11 in 50 Shades of Boudoir | 0 comments

DeAnna_Fifty_Shades_of_Boudoir_Fourteen (Large)

Magda se vriendin, Carolyn, het vir hul albei ‘n Fifty Shades of Boudoir sessie geboek vir Magda se verjaarsdag en ek het dit so geniet om saam hul tyd te spandeer.  Hierdie tweetjies is al vir jare beste vriendinne en mens kon sommer duidelik sien hulle deel ‘n hegte band. 

Magda weet presies hoe om met die kamera te flirt en ek het regtig pragtige foto’s van haar gekry.

Ilana van Cosmetiek het ook Magda se grimering gedoen vir die sessie en soos gewoonlik is dit weer onverbeterlik!

xxx

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More

Fifty Shades of Boudoir | Shade Thirteen

Posted by on 2013/11/11 in 50 Shades of Boudoir | 0 comments

DeAnna_Fifty_Shades_of_Boudoir_Thirteen a (Large)

Carolyn is die mooie ma van die alte mooie Dione wat die eerste boudoir shoot was wat ek gedoen het nadat ek my werkswinkel by Marethe gedoen het.  Sy dreig nou al van daardie tyd af om ook ‘n boudoir shoot te doen en ek het nou onlangs die geleentheid gehad om haar wel af te neem.  Soos die foto dit duidelik uitbeeld is sy ‘n pragtige mens met net so n pragtige persoonlikheid. 

Ek het elke sekonde saam met haar en haar vriendin, Magda, wat ook foto’s laat neem, het geniet.

Ilana van Cosmetiek het ook Carolyn se grimering gedoen vir die sessie en soos gewoonlik is dit weer onverbeterlik!

xxx

 

Facebookpinterestinstagram Read More