Marlise Boudoir | Een van die stunningste Boudoirs

Posted by on 2012/07/25 in Boudoir | 2 comments

 Ek dink Marlise is een van die mooiste mense wat ek al afgeneem het, maar juis omdat dit van binne afkom.  Sy is nie net gemaklik met wie sy is nie, maar sy is ook baie gemaklik voor die kamera.  Sy is ‘n model duisend en enige fotograaf se droom.  Daarom dink ek ek is in ‘n baie bevoorregte posisie om, buiten vir troues, boudoir shoots ook te kan doen en dit bowenal nog te geniet!  Dis mensies soos Marlise wat dit so lekker maak. 

Mag julle, al is dit net ‘n klein ietsie, optel van die mooi mens wat sy is, want dan sal julle verstaan hoekom hierdie een van die mooiste en lekkerste shoots tot nou was.  En ja, ek se elke keer elke shoot is die mooiste en die lekkerste, maar dit is dalk omdat ek saam met elke shoot as fotograaf en mens groei.  Daarom sal ek ‘n spesiale plekkie in my hart he vir elke shoot wat ek doen!

Geniet hierdie een saam met my!

xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More

Lizane en Nico | Verlief | Tremparkie, Roodepoort

Posted by on 2012/07/13 in Lifestyle | 1 comment

 Hierdie was nog een van die lekkerste shoots wat ek gedoen het, juis omdat ek vir Lizane al vir baie jare ken!  Sy het voor my groot geword en het ‘n baie sagte plekkie in my hart!  Daarmee saam was ek aangenaam verras oor die spesiale verhouding tussen haar en Nico!  Hulle maak so stunning paartjie en dit het duidelik in die foto’s na vore gekom!  Hierdie tweetjies is ook plaaskinders, alhoewel Lizane in Pretoria studeer!

Ek deel graag hierdie foto’s met almal want dit was vrek lekker en ek is baie opgewonde hieroor!

Lizane en Nico, baie dankie dat julle so ‘n stunning modelle was en dan nog so ver gery het hiervoor ook!  Ek waardeer dit vrek baie!

Ek het ook vir Eugenie Eloff die kans gegee om saam met my te neem!  Kan nie wag om haar foto’s te sien nie!

xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More