Wendy and Matthew | Leopard Lodge | Magalies

Posted by on 2012/01/27 in Weddings | 0 comments

Ek het hierdie oulike troue saam met Melanie geneem by die stunning Leopard Lodge in Magalies.  Wendy het pragtig gelyk en sy het verseker Matthew se asem weggeslaan!  Hulle tweetjies het ‘n baie hegte en opregte verhouding en dit het duidelik in hul foto’s gewys.

Geniet hierdie foto’s saam met my! xxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More

Magriet en Riaan | Getroud | Alberton

Posted by on 2012/01/18 in Weddings | 3 comments

Hierdie was een van die lekkerste troues wat ek nog afgeneem het!  Sonder twyfel!

Ek ken Magriet van die werk af en sy het my al baie lank terug gevra, dat wanneer sy en Riaan trou, ek asb haar foto’s moet neem.  Uiteindelik het eendag aangebreek en ek was so bevoorreg om hulle foto’s te kon neem.  Dit was ‘n klein intieme troue by hulle huis en ons het daarna sommer in ‘n veld naby aan hulle huis gaan foto’s neem.  En was ek nie bly hieroor nie!  Ek het sommer net daar op die veld verlief geraak en kon net nie genoeg foto’s neem nie.  As die reen nie begin dreig het na die fantastiese dag waarmee ons geseen was nie, het ek seker vandag nog gestaan en foto’s neem van die tweetjies!  Magriet het so pragtig gelyk.  Ek het amper nie eers herken toe ek haar sien nie!

Magriet en Riaan, geniet hierdie foto’s want julle het dit vir my so maklik en lekker gemaak om jul spesiale dag vas te vang en stunning herinneringe!  Baie dankie dat julle julle spesiale dag met ons, Lerika (my second shoot) en myself, gedeel het! 

xxx

Haar kat wou ook deel he van die lekkerte van die dag en het die diens bygewoon…:-)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek love hierdie foto van Magriet!

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog een van my gunstelinge van die dag!  Sjoe, die veld was net so mooi!

 

 

 

 

 

Facebookpinterestinstagram Read More